Wathaba

Ligging

 

Om by die Wathaba voetslaanroete te kom neem die N4 vanaf Pretoria/Johannesburg tot by Machadodorp. Draai regs na Machadodorp gaan deur die dorp en 20.8 km verby Machadodorp op die R541 is die afdraai na Wathaba. Daar is ‘n duidelike bordjie wat die afdraai na Wathaba aandui. Draai links en hier is ‘n baie steil afdraande maar toeganklik vir enige sedan motor. Net voor mens oor die Schoospruitbruggie gaan is die afdraai na die stappershut, “Bottlebrush Haven”. Die Wathaba is geleë in die Schurweberge langs waterstrome, watervalle en uitsigte.

 

Akkommodasie:

Reg langs die Schoonspruit is die basiskamp hut, “Bottlebrush Haven”. Dit is ‘n ietwat primitiewe hut, maar uiters karaktervol. Daar is geen elektrisiteit nie, maar die paraffien fakkels en lampe is deel van ‘n fantastiese romantiese atmosfeer. Verder is daar ‘n kombuis en braai area, met volop braaihout. Voldoende spoeltoilette, baie interessante dubbel storte, vir die wat wil saam stort en ‘n unieke sinkbad. Verder is daar ook ‘n oopdak natuurstort. Wat die wonderlikste is, jy hoor die heeltyd die stroom van die Schoonspruit wat kabbel oor die rotse. Sekerlik een van die mooise stappershutte wat daar is. Onthou net daar is nie gasstowe nie, maak self voorsiening, daar is wel ‘n “donkie" vir ‘n warm stort. Dit word vinnig warm en as die warmwater opraak, wag net ‘n halfuur en jy kan weer ‘n warm stort geniet en moenie vergeet om jou geliefde (of ‘n skelmpie) te nooit vir ‘n dubbel stort nie. Die hut area is rystoel vriendelik en daar is twee slaaphutte wat 14 en 11 mense akkommodeer.

 

 "Bottlebrush Haven"

 

Schoonspruit

Roete

Daar is twee goed gemerkte sirkel roetes, “Lynx Loop” is 11 km  en die “Bosbok Roete”is 4 km. Die roetes is uitstekend uitgelê, met baie natuurlike kliptrappe en waar nodig is houtbruggies en trappe aangebring. Gelukkig is daar nie te veel met die natuur ingemeng met die bruggies en leertjies nie.

 

 

 

Hoofsaaklik langs waterstrome en ‘n geleidelike opdraande met  ‘n kontoerpaadjie tot by baie mooi uitsigpunte. Meeste bome, uitsigpunte en besienswardighede is baie duidelik met ‘n  bordjie gemerk. Wat jou ook ‘n goeie aanduiding gee waar jy jouself op die kaart bevind.

 

 

"Cascades Waterfall"                  "Wathaba Rainbow Falls"

           

                                                                        "Bald Ibis Waterfall"

   

  

"Wathaba Rainbow Falls"

 

Ons groep

  

 

Baie geluk aan die eienaar, dit is ‘n uitstekende roete wat mens oor en oor kan stap, jy sal dit elke keer geniet. ‘n Heerlike weg-kom naweek en ideaal vir beginners.

 

Besprekings:

Wimpie Rauch

013 256 9104

083 483 7753

 wathaba@vodamail.co.za

 www.wathaba.co.za

 

Terug na Roetes