TUISBLAD INLIGTING KONTAK ONS ROETES VIR DIE JAAR

Magalies Voetslaan      


Magalies Voetslaan is 'n voetslaan organisasie vir alle voetslaanklubs in en om Pretoria.

Die doel van Magalies Voetslaan is kortliks:

  • Om die klubs in en om Pretoria saam te snoer om aan 'n gemeenskaplike liggaam te behoort, sonder dat enige klub 'n eie identiteit verloor.
  • Gemeenskaplike belange te hanteer en kursusse aan te bied.
  • Reël van byeenkomste met sprekers oor stapverwante onderwerpe.
  • Stap in die algemeen te bevorder, skep van nuwe roetes aan te moedig, nuwe stappers na klubs toe te verwys.
  • Aanmoediging van roetes deur sertifikaattoekennigs aan verdienstelike roete-eienaars.
  • Hulp en raad aan nuwe roete-eienaars, indien nodig.
  • Optrede namens klubs i.v.m. klagtes en probleme met roetes en swak organisasie,  deur roete-eienaars en besprekingsagente te kontak.
  • Klubs op sosiale vlak by mekaar te kry en kennis en inligting uit te ruil.

Magalies Byeenkomste:               http://www.magalieshiking.co.za/evenings.htm

.Webtuiste van Magalies Voetslaan of Magalies Hiking:   http://www.magalieshiking.co.za  

Na bo