| |
STAPLEIERPLIGTE |
STAPPER SE BYDRAE |
| 1 |
Jy is die leier van die staptoer! |
Gehoorsaam die stapleier en bly by sy/haar besluite. Bly by
die groep |
| 2 |
Reël n voorstapvergadering twee weke voor die roete
begin. Indien dit n korter naweek roete is, is n vergadering nie nodig nie,
maar almal wat saamstap moet gekontak (telefonies) word en van die nodige inligting en
beplanning voorsien word. |
Bespreek die roete deur te betaal by die betrokke persone. |
| 3 |
Maak seker dat almal wat saam gaan betaal het, kontak persoon
wat die besprekings doen. |
|
| 4 |
Kry die permitte en kaarte en inligting by die bestuur, of
eienaar van die roete |
Indien nie genoegsame kaarte beskikbaar is nie, probeer
ekstra kaarte kry. Skakel die roete eienaars. |
| 5 |
Gee afskrifte van die kaarte en inligting aan almal wat
saamgaan |
Bestudeer en beplan |
| 6 |
Reël wie ry saam met wie. |
Indien moontlik, help ons deur jou motor beskikbaar te stel |
| 7 |
Bepaal vertrektye (saam ry ens.) |
Moet nie laat wees nie. |
| 8 |
Laat oornaghutte/plekke netjies en skoon met vertrek. |
Help asb om skoon te maak en ruim veral jou eie goed op. |
| 9 |
Sorg dat alle stappers veilig by oornagpunte aankom. |
Moenie van roetes afwyk nie. Luister na die
stapleier. |
| 10 |
Sorg vir algemene dissipliene en orde vir die duur van die
staptoer |
Vermy die volgende: te stadig stap, te vinnig stap, rommel
strooi, dronkenskap ens. |
| 11 |
Vermy (stop) politieke of godsdienstige gesprekke wat konflik
kan veroorsaak. |
Moenie politiek praat nie. Moenie n stryery veroorsaak
nie gesels interkerklik |
| 12 |
Ken slaapplekke toe aan almal en wys fasiliteite |
|
| 13 |
Reël die vorige aand hoelaat julle die volgende oggend begin
stap |
Wees betyds |
| 14 |
Reël vir n kort verslag vir die nuusbrief en gee aan
Sekretaresse |
|
| 15 |
Rapporteer wie almal gestap het en hoeveel kilometers elkeen
gestap het |
|