 |
|
|
Tepelkop
|

Ligging:
Die
Tepelkop Voetslaanpad is geleë in die Witteberg, sowat 16 km wes van
Slabberts, 40 km vanaf Bethlehem en 40 km vanaf Fouriesburg.
Algemeen:
Die
getal stappers wat die voetslaanpad betree word beperk tot 20 per
dag. Die
voetslaanpad strek oor twee dae, met ‘n totale afstand van ongeveer
20 km. Die eerste dag se roete is sowat 12 km en die tweede dag 8
km. Die voetslaanpad vorm twee sirkelroetes vanuit die basiskamp.
Oornaggeriewe:
BASISKAMP FASILITEITE
Stappers wat dieTepelkop Voetslaanroete wil stap het 'n keuse van
akkomodasie by:
Die Tepelkop Skuur, of die Tepelkop Pophuise.
Fasiliteite verskil, maar word aangebied om vir die stapper sowel as
die selfsorg huisgas, wat ook die roetes wil stap, te pas.

TEPELKOP SKUUR
Semi
luukse stap akkomodasie. 5 stapelkbeddens dus 10 beddens en
matrasse per kamer. Elke kamer het ‘n aanlopende ablusie blok, baie
netjies geteel, met twee storte, toilette en wasbakke . Die kombuis
is uitstekend uitgerus met elektrisiteit , 4 plaat elektriese stoof,
yskas, vrieskas, rooster, ketel, mikrogolf oond, borde, glase,
potte, panne,elektriese braaiapan en gerieflike sitplek. U
word aangeraai om nie later as 8h30 te begin stap op die lang roete.
Dra genoeg water saam - tot 2 liter in die droeë seisoene. Die
meeste strome is nie standhoudend nie.

Op na
Tepelkop

Bo op
Tepelkop, 'n stapel klippe is beging (hoop ander dra ook 'n klip tot
bo) !!
Dag Een (12 km)
Loop deur die hek op die plaaspad, verby die populierbos en volg
die jeeppad deur die hek. Die roete sigsag met die berg op oor
verskeie stroompies ( nie altyd water nie) en tot by die eerste
sandsteen rif. Hier is lekker skuiling vir ‘n ruskansie by ‘n
groot wit stinkhoutboom. Die roete beweeg opwaarts op die
sandsteen plate ( wees versigtig in nat omstandighede)tot bo op
die plato met die eerste uitsig op Tepelkop. Na ‘n kort stap op
die grasveld, gaan die roete by die grensdraad berg- op. Hier is
daar ‘n asemrowende 180 grade uitsig oor die omliggende omgewing,
Die Malutis in die verte, oor die Witteberge na Visierskerf en
die drie pieke wat in ‘n ry met Tepekpop le. Hierna is daar ‘n
stywe klim met Tepelkop op tot mens eindig in die saal van die
twee pieke. Hier is verskeie rotsbedekte polle met die Vingelpol(
euphorbia). Die roete volg die grensdraad vir ‘n kort entjie
voordat dit baie gemaklik op die kontoere op die eerste piek
loop en beweeg af tussen ou hout bome tot op die hange van die
tweede piek. Hier is daar interessante sandsteen rotse waardeur
mens loop, Die derde piek se pad loop gemaklik op die kontoere
en uit die struike ui. Die roete begin af te beweeg deur
verskeie ou hout bosse oor die draad en hier sal die Malutis oor
die laslappies van die nabye lande pragtig vertoon, Die roete
hou bo die rooi sandsteen rif vir ‘n kort wyle en begin dan
afwaarts draai net voor die vierde piek in ‘n suidwaartse
rigting. Dan hou die roete al langs die inheemse bos tot by ‘n
spierwit sandsteen plaat. Die roete sny oos deur verskeie groot
rotse, deur ou hout bos tot by die oorhang sandsteenkranse. Hier
is dit ‘n ander wereld - dit lyk kompleet of die sandsteen mure
bedek is met baarde gras en varings wat bedrup word met water
vanuit die bergstroompies. Wees baie versigtig want die area is
baie nat en glyerig. Die roete is mooi oopgemaak en die
boomwortels bied lekker trappies. Hierdie deel van die roete is
manjifiek - langs die sandsteen mure, omtrek met inheemse bome
en varings onder voet in baie baie diep skadu.

Die roete die sandsteen verlaat die oorhang en kronkel deur
groot rotse wat van die berg afgerol het tot by die ou
Lynfontein plaaswerf met ou vrugte boorde en dennebome. Die
laaste 3 km of so volg die jeeppad deur mielielande verby die
populierbos aan die begin en eindig by die basiskamp.


Dag
Twee
(8
km)
Die
eerste gedeelte loop vanaf die basiskamp langs die stroompie op met
die berg tot bo op die plato. Dan swenk die roete in ‘n noordelike
rigting en stap deur grasvelde tot by die rotslys. Die roete sak af
met die berg by die sandsteen kranse tot onder. Die roete volg die
dongas verby groot dennebome en gaan oor die waterstroom bine in die
dongas by ‘n groot denneboom. Die roete hou dan aan die regterkant
van die dongs en kruis weer ‘n paar keer totdat die roete allangs
die draad beweeg waar die stroompie in twee deel. Die laaste 2km
volg die roete die jeepspore deur ‘n hek oor die stroompie en kom om
dieselfde paadjie wat die vorige dag terugwaarts keer.

Terug by die basiskamp sal daar genoegsaam tyd wees om vir oulaas
te swem in die plaasdam en te verfris voor die terugtog huis toe.
Klimaat:
Die
Witteberg het ‘n klimaat van uiterstes met baie warm somers en baie
koue winters. Die temperatuur styg gedurende somersmaande dikwels
tot bo 30°C en daal gedurende die wintermaande gereeld tot onder
vriespunt. Die heersende winde van die gebied is wes tot noordwes.
Die gebied kry ‘n gemiddelde reënval van 500 mm per jaar en die
meeste reën val in die somermaande, veral vanaf Januarie tot Maart.
Reënval kom veral voor in die vorm van donderstorms in die namiddae.
Die roete kan die hele jaar gestap wod, maar die berg en plantegroei
is op sy mooiste gedurende die somermaande en in die herfs.
Plantegroei:
Die
plantegroei van die Witteberg is nog in ‘n groot mate ongeskonde.
Die groot verskeidenheid plantspesies wat aangetref word is
hoofsaaklik toe te skryf aan die feit dat die berg in ‘n oorgangsone
tussen die droeër en natter klimaatstreke geleë is. Kloofwoud en
fynbos met ‘n beperkte omvang van bergvarings word ook op verskeie
plekke teëgekom.
Daar
is heelwat boomsoorte geïdentifiseer op die berg, waarvan die
algemeenste op die roete die karee, gewone taaibos, bloughwarrie en
ouhout is. Besondere en seldsame spesies vir die spesifieke
omgewing is die vingerpolle.
Dierelewe:
Van
die wild wat natuurlik voorkom op die berg is die sprinbok, blesbok,
vaalribbok, bobbejane, ystervark, erdvark, rooikat, duiker,
steenbok, hase, meerkaaie, dassies, muise, otters ens. Die gelukkige
stapper sal die skaam bruin hiena dalk sien wat in die omgewing
rondswerf.
Die
gebied het ‘n ryk voëllewe. Daar is 44 voëlspesies wat in die
gebied kan voorkom identifiseer..
Rotsformasies:
Die
sigbare rots van die berg bestaan hoofsaaklik uit holkranssteen,
terwyl moddersteen ook in die laer gedeeltes van die berg aangetref
word. Die sandsteen is verweer tot allerlei Rotsformasies:
Die
sigbare rots van die berg bestaan hoofsaaklik uit holkranssteen,
terwyl moddersteen ook in die laer gedeeltes van die berg aangetref
word. Die sandsteen is verweer tot allerlei interessante vorme en
fatsoene wat veral bydra tot die natuurskoon van die gebied.
Heelwat holkranse word op die berg aangetref, terwyl gate en skeure
in die rots ook algemeen is.
Opsomming:
Tepelkoproete is 'n baie lekker naweek basiskamp roete. Ek beskou
dit as 'n maklike roete.
Kliek:

Terug na
Roetes
|