 |
|
|
Slaapsakke
|
Kyk na die volgende as jy 'n
slaapsak wil aankoop:
-
Temperatuurgradering
-
Materiaal tipe
-
Slaapsak vorm
-
Groote
Temperatuurgradering:
Slaapsakke word ingedeel volgens die isolasie temperatuur. Dit
is die minimum temperatuur wat die materiaal voldoende sal
isoleer, of teen laer temperature gaan die isolasie nie
meer werk nie. Byvoorbeeld 'n slaapsak met 'n +5 °C gradering sal
temperature +5 °C en hoër goed isoleer, maar laer as 5 c gaan dit
nie meer voldoende wees nie. Of byvoorbeeld 'n slaapsak met -5 °C
gradering sal
temperature van -5 °C en hoer goed isoleer, maar laer as -5 °C gaan
dit nie meer voldoende wees nie. Die
temperatuurgradering is
gewoonlik vir 'n persoon met 'n kortbroek en 'n T-hemp.
Maak gebruik van 'n sweetpak ens. indien jy koud
kry.
Hou in gedagte
waarvoor gaan jy die slaapsak gebruik, in 'n stappershut of in 'n
tent.
In 'n stapperhut slaap jy gewoonlik op 'n stapelbed weg van die
vloer en op 'n sponsmatras. Jy is dus goed geisoleer teen die koue
van onder.
In 'n stapperstent
lê
jy op die grond en is die isolasie van 'n slaapmatjie uiters
belangrik.Die koue kom van onder en 'n slaapsak met 'n goeie
temperatuur gradering is nodig.
Die isolasie van selfopblaasmatrasse
werk uitstekend.
Die vraag is nou wat se
temperatuur gradering het 'n mens nodig vir voetslaan?
Hier is 'n bietjie
aardrykskundige kennis nodig van die omgewings waar jy gaan stap en
watter tyd van die jaar gaan jy stap. Vir die meeste
Voetslaanpaaie in SA is 'n +5 °C slaapsak voldoende, maar 'n
winternag gaan dalk koud wees en mens wil graag snoesig slaap.
Mens kry sommige slaapsakke wat geen temperatuur aanduiding het nie,
wees versigtig, maar as dit nie koud is nie gaan dit tien teen een
goed genoeg wees.
Materiaal:
Daar is baie materiale, maar die belangrikste is: Gewone sintetiese
isolasie, "Hollow fibre" en
Dons.
Gewone sintetiese isolasie. Seker die mees algemene slaapsak
en baie voetslaners gebruik dit. Dit het gewoonlik geen
temperatuurgradering nie, beskou dit as +5 °C,
of +10 °C vir 'n dunnerige slaapsak.
Hollow fibre (sintetiese dons) ideaal vir die voetslaner, lig
en isoleer baie
goed. Mens kry dit in verskillende temperatuurgraderings en grotes.
Let op, as daar nie 'n "Hollow Fibre" etiket is nie is dit nie 'n
hollow fibre slaapsak nie. 'n Hollow fibre slaapsak sal ook altyd 'n
aanwysing hê van die temperatuurgradering
Dons is uitstekend, die beste, maar is baie warm en duur. Dit
word gebruik in uiters koue toestande, soos byvoorbeeld op die
Drakensberge of in die Himalajaberge.
-
Gewone sintetiese
isolasie beskou dit as +5 °C of as dit
'n dunnerige slaapsak is +10 °C
-
"Hollow fibre" Daar is
verskillende temperatuur graderings 0, -5 °C en
-10 °C
-
Dons -5 °C, -10
°C en selfs
laer. Uitstekende slaapsakke.
Vorm en tipes: Die gewone
langwerpige slaapsak word deur meeste
voetslaners gebruik.Sommige slaapsakke kan aan mekaar gerits word om 'n
dubbel slaapsak te vorm.
'n Slaapsak wat ten volle kan ooprits is baie gemaklik, veral as
mens in 'n voetslaanhut op normale stapelbedjies slaap. Gebruik 'n
paslaken op die sponsmatras, saam met jou slaapsak wat ten volle
oop gerits is, dit werk soos 'n duvet.

Die mummie vorm is soos 'n koekon en pas die vorm van jou
liggaam.Gewoonlik klein en lig.

Grote:
Daar is verskillende lengtes en breedtes slaapsakke, kies dit wat
vir jou gemaklik is.
Slaapsakke is oor die algemeen groot, maar daar is ook die wat baie
lig en klein is. Hoe ligter en kleiner, hoe beter, maar 'n groot
slaapsak is baie gemaklik.
Aanbeveling:
Vir voetslaan in SA word die volgende temperatuur graderings
aanbeveel:
-
Slaap in voetslaanhut:
-
+5 °C
vir meeste algemene voetslaanroetes in die somer, herfs en lente.
-
0 °C
of -5 °C vir meeste algemene
voetslaanroetes in die winter.
-
Tent-stap
-
+5 °C 0 °C in die somer, herfs en lente.
-
0 °C
of -5 °C in die herfs en lente
-
-10 °C
vir die Drakensberg en ander koue plekke.
Vir die meer ernstige stapper,
koop 'n somer en 'n winter slaapsak.
Langwerpig of mummie tipe slaapsak, dit bly 'n persoonlike keuse.
Die mummie tipe is klein en lig, maar persoonlik voel ek baie ongemaklik in
die mummie tipe
slaapsak, maar baie voetslaners hou daarvan.
Na Bo |