 |
|
|
Starvation Creek
|
Ligging:
Neem die N4 na die Ooste (Nelspruit)
en draai regs by Ngodwana na Kaapschehoop. Volg die pad tot ongeveer
500 meter verby die ingang na Kaapschehoop, draai links na die
Berlin Plantasie. Na ongeveer 5km is die aanwysing na Barrett's
Coaches die begin van die Starvation Creek Voetslaanroete. Dit is
302km van Pretoria.
Algemeen:
Barrett's Coaches
twee ou trein waens met elektrisiteit, vuurmaakhout, braai-lapa,
toilette en warm storte.
Dag 1: Barrett's
Coaches na Wattels - 15,3km
Dag 2: Wattels na
Barrett's Coaches - 9,4km

Barrett's Coaches
Die roete is baie duidelik met wit voetspoortjies
gemerk


Broodbome
Die Wattels hut is
'n ou Bosbouhuis, toilette, storte, donkie vir warm water, braailapa
en vuurmaakhout. Die Wattels is 'n fantastiese oornag blyplek, mens
voel tuis en wil net daar bly en nooit weer weggaan nie. Die plek is
uiters netjies versorg deur John en sy vrou, twee pragtige en
vriendelike mene. John is voorwaar 'n aanwins vir voetslaan in Suid
Afrika.

Starvation Creek is werklik 'n lekker
voetslaanroete wat mens oor en oor kan stap. 'n Fantastiese naweek
stap vir enige gemiddelde stapper.
Fotos: Andries en Amanda
Besprekings:
Kliek:
Terug na
Roetes
|