 |
|
|
Voetslaanlys
|
Die GROOT geheim van
enige voetslaanlys.
Neem so min as moontlik saam!
en
Pak so lig as moontlik!
Hierdie voetslaanlys is net 'n riglyn, pas dit aan na jou eie
behoeftes.
Die onderstaande lys maak
voorsiening vir meeste voetslaanroetes:
| Normale
Staplys |
| 1 |
Rugsak |
| 2 |
Reën-oortrekker
("Splash Cover") |
| 3 |
Slaapsak |
|
4 |
Paslaken, indien jy iets oor
die sponsmatras wil sit. |
|
5 |
Stap-kortbroek of langbroek |
|
6 |
Stap-hemp |
|
7 |
Warm Baadjie |
|
8 |
Sweetpakbroek |
|
9 |
Sweetpakbaadjie |
|
10 |
Slaapklere |
|
11 |
Onderklere |
|
12 |
Reënjas |
| 13 |
Sakdoeke |
| 14 |
Stapkouse |
| 15 |
Stewels |
| 16 |
Gemaklike skoene om te dra
by oornag plek, of "aqua" waterskoene / Rocky sandale vir rivieroorsteek |
| 17 |
Hoed |
| 18 |
Kussing |
| 19 |
Swembroek |
| |
|
|
20 |
Toiletsakkie |
|
21 |
Tandeborsel + Tandepasta |
|
22 |
Seep + Seepbakkie
of iets soortgelyk |
|
23 |
Sjampoe |
|
24 |
Lip-Ice |
|
25 |
Kam |
|
26 |
Toiletpapier |
|
27 |
Sonbrandmiddel en of gesigroom |
|
28 |
Insek
weermiddel (Tabart) |
|
29 |
Handdoek
|
| |
|
|
30 |
Gasstofie + kookskerm |
|
31 |
Ekstra gas
indien nodig |
|
32 |
Billy-cans |
|
33 |
Vadoek |
|
34 |
Skottelgoed Seep |
| 35 |
Waterbottel/s |
| 36 |
Bord |
| 37 |
Beker of koppie |
| 38 |
Lepel + Mes + Vurk |
| 39 |
Knipmes |
|
40 |
Vuurhoutjies of
aansteker |
| |
|
|
41 |
Kers of LED
lampie indien nodig |
|
42 |
Flits of koplamp |
| |
|
|
43 |
Donkerbril |
|
44 |
Sterk plastieksakke om klere,
slaapsak ens. te verpak. |
|
45 |
Stapstok |
| |
|
|
46 |
Kamera |
|
47 |
Roetekaart |
|
48 |
Permitte (vir die stapleier) |
|
49 |
Paspoort, bestuurslisensie,
ID |
|
50 |
Brandstof Geld ens |
| Basiese noodhulp (dra te
alle tye in jou rugsak) |
| 1 |
Rolletjie verband. |
| 2 |
Hakspeldjie
vir verband. |
| 3 |
Pleisters. |
| 4 |
Klein botteltjie Betadien vir ontsmetting of ‘n buisie
Betadiensalf. |
| 5 |
Disprin of enige ander pynpil (gebruik versigtig). |
| 6 |
'n Naald om dorings te verwyder en om
moontlik 'n blaas te behandel. |
| 7 |
Jou normale kroniese medikasie indien jy so-iets gebruik. |
| 8 |
"Rehydrate"
poeier. Meng
met water en drink vir die herstel van elektrolietbalans.
'n Elektroliet vervangingsdrankie, uitstekend vir
uitputting en ontwatering. Meng met die regte hoeveelheid
water, moenie minder as die aanbevele hoeveelheid water
gebruik nie. |
| * |
Spierverslappers (Voltaren)? Ja, maar gebruik baie versigtig. |
| * |
Klein
naalknippertjie, klein skêrtjie, tweezer |
| * |
Slangserum moet liefs nie gebruik word nie, tensy jy baie
kennis daarvan het. Ek het in al my stap-jare seker minder
as tien slange gesien op ‘n roete en hulle het vinnig
padgegee. Ek weet van slegs een geval in die Drakensberg en
dit was ‘n pofadder byt. Pofadders is lui en seil nie weg
nie.
Glad nie nodig om saam te neem nie. |
* Opsioneel
LW
bogenoemde noodhulplysie is net ‘n basiese riglyn, minder as dit is
nie goed genoeg nie. As een stapper seerkry sal een rolletjie
verband dalk nie genoeg wees nie, maar as daar tien stappers is, sal
daar genoeg wees.
| Nood toerusting, dra te
alle tye in jou rugsak. (Beskrywing volg later.) |
| 1 |
Fluitjie |
| 2 |
Ruimtekombers:
(“Space blanket”) |
| 3 |
Selfoon (indien daar
ontvangs is) |
| Handige
items. (Beskrywing volg later.) |
| 1 |
Koperdraad |
| 2 |
“Cable
ties” |
| 3 |
Potlood en klein notaboekie |
| 3 |
Ekstra veters vir stewels |
| 4 |
Kompas |
| 5 |
GPS |
| Koslys
('n Basiese lys, pas aan na gelang van roete en jou eie
behoeftes) |
| 1 |
Koffie
/ tee |
| 2 |
Suiker |
| 3 |
Melkpoeier |
| 4 |
Game Koeldrank |
| 5 |
Ontbyt (Beskuit, Oatso Easy,
Weatbix ) |
| 6 |
Snacker,
Lunchbar, ens. |
| 7 |
Rosyne |
| 8 |
Vrugte Lekkers |
| 9 |
Lemon Creams |
| 10 |
Kaaswiggies |
| 11 |
Provitas |
| 12 |
Droëwors / biltong |
| 13 |
Pasta |
| 14 |
Vleis |
|
15 |
Tuna |
| 16 |
Droëgroente |
| 17 |
Brood (gesny + Botter gesmeer) |
| 18 |
Rys |
| 19 |
Mash Potato |
|
20 |
Lekkers (na smaak) |
| 21 |
Sout |
| 22 |
Soppoeier |
| |
|
| Ekstra
toerusting vir tent
roetes, baie koue toestande en rivieroorsteek |
| 1 |
Tent |
| 2 |
Slaapmat |
| 3 |
Groot Survival bag vir rivier oorsteek |
| 4 |
Tou |
| 6 |
Termometer |
| 7 |
Mus |
| 8 |
Balaclava |
| 9 |
Handskoene |
Waterbottel
Hoe
groot?
TWEE liter
MINIMUM. Dit kan een, twee of meer bottles wees, maar
minimum twee liter water. Vir jou eie gesondheid is dit baie belangrik om die water te drink
en nie
net saam te dra nie. Vier
500ml houers werk baie gemaklik.
Ruimtekombers:
(“Space blanket”) Gebruik as tydelike skuiling tydens ‘n kwaai
donderstorm of tydens uiters koue toestande. Ek het nog nooit nodig
gehad om dit te gebruik nie, maar dit is altyd in my rugsak en
onthou jy weet nooit wanneer ‘n noodgeval opduik nie.
Fluitjie:
Het dit al met jou gebeur, jy is nie meer by die groep nie? Dit is
nogal ‘n skokkende ondervinding. Jy soek, loop vinnig, hardloop,
maar verniet. Jy sien niemand nie. Jy roep, maar niemand antwoord
nie. Jy roep en roep en later wil jou stem nie meer nie. Dit gebeur
baie vinnig, veral as jy paniekerig raak. Vra maar vir iemand met
wie dit gebeur het. Solank jy leef sal jy asem haal en sal jy ‘n
fluitjie kan blaas om vir hulp te roep.

STAP REëL:
Gebruik ‘n fluitjie slegs in ‘n noodgeval. Moenie dit sommer net
blaas nie, nie vir die grap nie. As jy as stapper ‘n fluitjie hoor,
weet iemand is in nood, laat weet mede stappers en gaan help.
Waterskoene: "Agua"
waterskoene en Rocky waterskoene ideaal vir rivieroorsteek of vir
gebruik by oornag hut. Let op die skoen is ager by die hak toe en
maak bekoorlik vas. Pasop vir sommige make wat nie toe is by die hak
of behoorlik vasmaak nie, dit glip maklik uit jou voet tydens
rivieroorsteek.

Koperdraad:
Dit is uiters handig, om iets op te hang, ‘n rugsak te herstel, as
nood skoenriem ens.
Ongeveer twee
meter lank en die diameter van die draad ongeveer 1mm. Dit is baie
lig, minder as 10g, klein en pas gemaklik in die kleinste plekkie
in jou ruksak. Ek het al gesien hoe word 'n bril herstel met 'n
stukkie koperdraad.


Herstel werk aan 'n bril.
Kompas:
Ek hou daarvan en wil altyd weet wat die rigting is, al laat mens
die magnetiesdeklinasie buite rekening. Veral handig tydens bewolkte
dae of in mistige toestande. ‘n Ligte plastiek soort, minder as 10g.
Mens koop dit by meeste stapwinkels.

“Cable ties”:
Vier of vyf bandjies, baie handig vir herstelwerk aan ‘n rugsak
stewels ens. Lig en neem feitlik geen plek op in jou rugsak nie.

Pen of
podlood en baie klein notaboekie - maak van aantekening op kaart
ens. Skryf van mediese nood-nota in 'n
noodgeval.
Selfoon ?
Kan baie
handig wees, mits daar opvangs is. Dit het al lewens gered.
GPS ?
“Nice to have!”.
Baie oulik vir mense wat die roete uitmeet. Uitstekend om te gebruik
in ‘n wildernisgebied. Vir die toekoms gaan dit nog ‘n
noodsaaklikheid word. Ek dink roete aanwysings mag dalk verdwyn in
die toekoms en voetslaners gaan met GPS aanwysings stap.
STAP REëL:
Onthou om bogenoemde nood-items ook in jou dagsak te sit en nie net
in jou rugsak nie. ‘n Noodgeval kan tydens ‘n dagstap ook plaasvind.
Na bo |