TUISBLAD INLIGTING KONTAK ONS ROETES VIR DIE JAAR

Rhenosterpoort    


Ligging:

Rhenosterpoort-roete is op 'n privaat wildplaas naby Alma/Nylstroom in die pragtige Waterberg. Ongeveer twee uur se ry van Jhb/Pta.

Algemeen: .

Dit is 'n Bosveldroete langs 'n lieflike rivierstroom met bergpoele en swemplekke. Die roete kan as basiskamp roete gestap word of as 'n rugsak oornagroete.

Oornag hutte:

Dassie Kamp is 'n pragtige kamp in die bosveld 200 meter van die rivier en naby 'n waterval met 'n pragtige bergpoel en 'n swaai om in die poel te spring. Die vier slaapkamers akkomodeer 20 stappers, met lapa, kombuis en braai area. Buite is 'n kampvuur en braai area. Geen elektrisiteit, bring eie kerse ens. Gas geyser storte en spoel toilette.

Bosbok Kamp ook in bosveld 200 meter van die rivier en akkomodeer 12 stappers. Geen elektrisiteit bring eie kerse ens. Gas geyser storte, lapa, braai area, kombuis, met gas branders en basiese kookpotte.

Dag 1

'n 8km roete, begin langs die waterstroom en na 2km gaan dit op tot die hoogste punt daarna af na Dassie kamp.

 

xxx              

 

   

                

Dag 2

10km van Dassiekamp na Bosbokkamp.

Opsomming:

'n Baie maklike naweekroete ideaal vir beginners.

Fotos: Jurie Erasmus, Daleen Crouse, Andries Oosthuizen, Coert Grobbelaar


Bespreek by:

Anvie Ventures: http://www.anvieventures.co.za/

Terug na Roetes