Outeniqua

Die Outeniqua roete is gelee tussen die Outeniquaberge tussen George en Plettenbergbaai. Dit is hoofsaaklik in die Knysnabosse, langs riviere, waterstrome, boomvarings en self pragtige uitsigte. Die roete is ‘n totale afstand van 108 km oor 7 dae en daar \is 8 oornag hutte. Daar is dus hutte by die begin - en eind-punte.

 Oppad deur die Baviaanskloof

Dag 1

Beervlei na Windmeulnek (16 km)

Die eerste gedeelte is hoofsaaklik gelyk tot by die Hoekkraalrivier. ‘n Heerlike swemplek, maar daar is maklik plek om die rivier oor te steek. Vanaf die rivier is dit opdraand tot by Windmeulnek. By Windmeulnek is water ‘n longdrop en ‘n stort, koud natuurlik. Die hutte het almal bunker beddens met ‘n spons matrassie en ‘n lapa met braai geriewe.

 

Dag 2

Windmeulnek na Platbos (17 km)

Hoofsaaklik afdraande langs ‘n kontoerpad en dan af waar die Karatararivier word gekruis word. Dan is dit weer opdraanded met die laaste stuk redelik gelyk tot by PlatBos. Heelwat vars Olifant spore is gesien langs die roete, maar van die Olifante was niks te sien nie

 

Dag 3

Platbos na Millwood (15,5 km)

Weer sien ons vars Olifant spore in die modder. Teen die helling af kan mens sien hoe die ou groote gegly het en toe vas gesteek het met ‘n diep spoor in die nat grond. Heilige spoer van die laaste Olifante van die Knysnabosse. ‘n Groot gedeelte van die dag is op die bosbou paadjies. Af tot by die piekniek plek Jubilee Creek, ‘n Pragtige plek vir middag ete. Dan die laaste ent tot by die ou goudmyn dorpie Millwood.

 

Dag 4

Millwood na Rondebossie (17 km)

‘n Redelike moeilike dag en begin met ‘n lekker opdraande, so van Koueboom en Koueboom. ‘n Koueboom soos ons dit gebnoem het lyk soos ‘n geelhout tiep met ‘n nat bas en die stam is yskoud. Staan vir ‘n paar oomblike met jou wang teen die Koueboom en rus voor jy die bult pak tot by die volgende Koueboom. Die Knysnarivier word gekruis, wat tydens swaar reën blykbaar ‘n probleem kan wees. Na die rivier is dit steil opdraande, met die laaste ent redelik gelyk tot by Rondebossie.

Dag 5

Rondebossie na Diepwalle. (13 km)

Oor die Rooi els stroompie en dan baie styl op tot bo op die piek van Jonkersberg. Vanaf Jonkersberk (indien die weer dit toelaat) ‘n pragtige uitsig tot by Knysna, “The Heads” en die Knysnabosse. Na Jonkersberg af deur ‘n varingwoud, waar ons by ‘n vorige geleentheid ook Olifantspore gesien het. Die laaste ent sluit die roete aan by die Olifant dagstap tot by Diepwalle. By Diepwalle was klein restaurant wat deur die plaaslike gemeenskap bedryf word. En kan die tannies lekker vetkoek maak, ek het twee gehad vir middag ete. Die aan het ons ook bespreek en lekker kos daar geëet. Hier het ons ook ‘n voertuig gelos met kos en klere voorraad in. Dit het nogal baie gehelp. Warm storte by Diepwalle was baie welkom.

Dag 6

Diepwalle na Fisantehoek (16 km)

Alhoewel 16 km is dit redelik gelyk pad. Baie digte woud weereens en skielik maak die bos weer oop.Ons kruis ‘n stroom en kan duidelik sien dat dit erg gespeol het nie lank gelede nie, ‘n lekker plek vir middag ete. Fisantehoek is ‘n ou Bosbouhuis en was redelik verwaarloos, nie dat dit ‘n probleem was nie. Die water moet met ‘n handpomp gepomp word tot in ‘n tenk.

Dag 7

Fisantehoek na Harkerville (12 km)

Dit is die laaste dag en ook die maklikste dag. Weereens deur inheemse woude, ons loop stadig so asof ons nie wil hê dit moet te vinnig eindig nie. Wat ‘n fantastiese roete, een van die grootes, een van die mooise ! Na ses of 7 km kruis mens die N2 en dan net die laaste ent tot by die Harkerville hut.

 

Een van my top tien roetes in die land. Die roete is goed uitgelê en gemerk. ‘n moet vir elke stapper.

 

Fotos met dank aan Japie Brand, Bernard Spies & Kerstie Oosthuizen,

Vir besprekings kontak Cathy:

Tel. 044 302 5606

Fax 044 302 5627

cathyv@sanparks.org

Terug na Roetes