|
|
|
|
Die Otter
Die Otter is die oudste georganiseerde oornag roete in Suid Afrika en defnetief die gewildste. Dit is ook een van die mooiste roetes in die land, daarom het ons klub die Otter al verskeie kere gestap. Dit bly elke keer 'n groot avontuur en iets besonders. Woorde ontbreek om hierdie mooi roete te beskryf, gaan stap en ondervind dit self. Hierdie vyfdae roete met vier oornag hutte is nie so lank nie, slegs 41 kilometer, maar tog is dit nie 'n maklike roete nie. Die roete is nooit gelyk nie, op en af oor rotse deur riviere, vol avontuur. Sommige sê dit is 'n moeilike roete, ek dink nie dit is waar nie, die terrein is nie maklik nie, maar die afstande wat gestap word is nie so ver nie. Die langste dag is 14 km terwyl die res wissel, ongeveer 7,8 km. Iets om mee rekening te hou is die gety van die see om die Bloukransrivier met laagwater oor te steek. (of so na as moontlik aan laagwater). Vir jou beplanning is daar 'n getytafel agter die deur in die kantoor by die beginpunt van die Otter.
Hier gaan vleis gebraai word Pieter Conradie By 'n vorige geleentheid wat ek die Otter gestap het was ons bevoorreg om by Ngubu-hut 'n prag vertoning van walvisse waar te neem. Op Oukhurst se stoep het ons gesit en kyk hoe die dolfyne in die branders baljaar reg in die mond van die Lotteringrivier. Ons het dolfyne feitlik elke dag gesien. Die bonus wat min mense al waar geneem het was by Die Bloukransrivier se mond en by Andre se hut waar ons otters gesien het. Pragtig ! Dit was in Meimaand. Die Otter is 'n roete wat oor en oor gestap kan word. In September maand is die Otter-roete weer oortrek met blomme 'n pragtige tyd vir die neem van fotos. Dank aan Pieter Conradie wat die fotos beskikbaar gestel het, Pieter het die foto's gedurende Februarie 2002 geneem. Pieter is een van ons klublede.
Ontbyt by die Stormsrivier Restaurant by die begin van die Otter.
OakHurst se hutte by die Lottering Uitsig vanuit een van die toilette
Om die Blauwkransriviermond oor te steek volg die rooi lyn na die sloepie links bo By die sloepie is dit maklik om uit te klim tydens laagwater. Vanaf die sloepie gesien.
Die einde by Nature's Vally
|