TUISBLAD INLIGTING KONTAK ONS ROETES VIR DIE JAAR

Oom Paul Voetslaanpad     


Ligging:

Die oom Paul Voetslaanpad afdraai is ongeveer 20km anderkant Machadodorp op die R541 Badplaas pad. Die Afdraai word aangedui as  Five Assegais of Bermanzi.

Algemeen: Dit is pragtige roete in die Schurweberge van Mpumalanga. Uitsigte, waterstrome, waterval, inheemse woud en baie mooi rotsformasies. Dit is 'n twee dae rugsak-roete oor twee plase van Five Assegais na Bermanzi of andersom. Die hutte is goed toegerus, met elektrisiteit, warm storte, spoel toilette en Braaiplek. Oom Paul Voetslaanpad is 'n rugsak sirkel roete.

 

God's Window hut

Dag 1 (13,5km)God's Windowhut na Bermanzi
Die roete volg die rant van Skurweberg met pragtige uitsig oor die Schoonspruit vallei. Daarna gaan die roete in die rigting van die Brides Leep waterval in die Bankspruit. 

       
 

        
Die waterval is die tweede hoogste in Mpumalanga. Die Roete  sak dan af en kruis die Bankspruit an die onderkant van die Brides Leap waterval.

          

Die roete volg dan die Bankspruit verby mooi stroomversnellings en swempoele. Na die swempoel “The Boardroom Pool” is dit weer op met die platorant tot by Bermanzi Hutte.   

Phumulani hut

Dag 2: 9km Bermanzi na God's Window Kamp
Die roete gaan weer af deur interessante rots-skeure, uitsigete op antieke krale en kruis die Bankspruit by die swempoel  en weer op teen die rant. Hier is baie interessante rotsformasies te sien.

       

        

Opsomming:
Oom Paul is regtig 'n pragtige voetslaanpad en 'n lekker naweek uitstappie. 'n Moet vir elke voetslaner.

Fotos: Andries Oosthuizen en Susan Havenga.

Besprekings:
Anvie Ventures:
http://www.anvieventures.co.za/

Terug na Roetes