 |
|
|
Voornemende en nuwe lede
|
Ons kry dikwels die vraag; “Waar kom julle bymekaar?" en "Ek wil julle
graag ontmoet?”
Ons stap wel een of twee keer per maand, maar ons kom net een keer
per jaar bymekaar en dit is tydens ons algemene jaarvergadering.
Voornemende lede wat ons graag wil ontmoet voor hulle
saam stap, is welkom om 'n Magaliesaand van Magalies Voetslaan by te
woon.
Magalies Voetslaan
is 'n voetslaanorganisasie vir voetslaanklus in
Pretoria en hulle
vergader elke laaste Dinsdag van die maand by die Sci-Enza gebou op die UP kampus om 19:00.
Sci-Enza padaanwysings.
Die vergadering word ‘n Magaliesaand genoem en dis nie regtig ‘n
vergadering nie, maar daar sal ‘n kundige spreker wees met ‘n
aanbieding oor stap of enige natuurverwante onderwerp . Na afloop
van die vergadering gaan Magalies Voetslaan ‘n uitnodiging rig aan
almal wat graag iemand van ‘n klub wil ontmoet. Daar sal altyd ‘n
paar lede van NDABA tydens ‘n Magaliesaand teenwoordig wees. Alle
klubs van Pretoria sal daar teenwoordig wees en al die klubs gaan
nuwe lede ontmoet.
Nuwe of voornemende lede kan na afloop van die verrigtinge ‘n koppie
tee/koffie en verversings geniet en terselfdertyd met NDABA lede
gesels. Dit behoort ‘n maklike oplossing te wees om mense van NDABA
te ontmoet en vinnig deel te word van die klub.
Ons wil julle graag ontmoet!
Vir meer inligting oor Magalies Voetslaan kliek:
http://www.magalieshiking.co.za
Na bo |