Matlapa

mat2.jpg (76990 bytes)

Fotos deur Marietjie Prinsloo

Hierdie roete was 'n fees! Koppe en klowe en weer koppe en klowe met die mooiste inheemse bome en digte groen gras. Nie 'n piekniek nie! Poegaai hoogte verdien sy naam, want hy was eindeloos en amper reguit op sonder zig-zags. Jokob se leer is seker een van die natuurwonders: 'n skeur regdeur in die berg op met 'n strook swart rots in die middel van grys klip, en die swart rots het veral heel onder sulke natuurlike trappe gevorm, dat ons gedink het die boer het dit uitgekap! Onder die yslike oorhangrots moes ons behoorlik dubbel vou om deur te kom. Die oornaghut is idillies geleë onder bome, tussen kranse met 'n diep swempoel voor.

  mat3.jpg (77414 bytes)   mat1.jpg (70046 bytes)

  mat5.jpg (57216 bytes)  mat6.jpg (52647 bytes)

Terug na Roetes