TUISBLAD INLIGTING KONTAK ONS ROETES VIR DIE JAAR

Kaapsehoop Voetslaanpad 


Ligging:
Die Kaapsehoop voetslaanpad is geleë in Mpumalanga en die eerste hut is net buite die Kaapsehoop dorpie.

Algemeen:
By Kaapsehoop is daar verskeie opsies, hierdie beskrywing staan bekend as die Kaapsehoop 2 dag roete van 32km.
Alle hutte is toegerus met stapel beddens, braai lapa, spoel toilet, storte en vuurmaakhout en braairoosters. By elke hut is daar 'n donkie vir warm water. Die eerste aand slaap mens in die Kaapsehoophut en die tweede aand by Florencehill hut.

 

Dag 1:    Kaapsehoophut na Florencehill hut  (16.7km)
Die eerste gedeelte volg die roete al langs die platorand met 'n pragtige uitsig oor die "de Kaap" vallei. Die bekende Kaapsehoop se wilde perde is oral te sien. 'n Baie mooi roete en later gaan dit deur pragtige rots-skeure waar ook 'n piekniek tafel is. Dit is 'n gemaklike stap.

          
Kaapsehoop se perde, wild en vry.

    

  
Florencehill hut

Dag 2:   Florencehill hut na Kaapsehoop (15,3km)
Die eerste ent is in denne plantasie, gras vlakte en later volg die pragtige peerboom piekniekplek. Net entjie verby die piekniekplek is 'n diepkloof met 'n waterval.

     

 

Opsomming:
Kaapsehoop is 'n pragtige staproete, 'n moet vir elke voetslaner.
 

Fotos: Jurie Erasmus en Annatjie Janse v Rensburg.

Besprekings:

 

Terug na Roetes