TUISBLAD INLIGTING KONTAK ONS ROETES VIR DIE JAAR

Jong Stappers      


Ons kry dikwels die vraag; “Hoe oud is NDABA se lede?" en "Ek soek 'n klub vir jongmense?”

Alhoewel daar 'n klein groepie jongmense in NDABA is, is daar sover ons weet nie 'n klub wat net vir jongmense is nie. As al die jongmense wat ons al gevra het aangesluit het, was meer as 50% van NDABA se lede onder 35 jaar. Daar is dus 'n groot behoefte onder jongmense om aan 'n klub te behoort waar net jongmense is.

Om 'n nuwe klub te begin is nie so maklik nie en om genoeg fondse bymekaar te maak is nog moeiliker. Daarom het NDABA se bestuur besluit om jongmense te ondersteun en te verwelkom. Ons wil graag 'n jong groep binne NDABA vestig, wat hulle eie roetes reël en stap, net jongmense en geen ouer stappers nie. Die jong groep maak gebruik van NDABA se fondse, maar doen hulle eie ding en as hulle wil kan hulle saam die ouer groep ook stap. Die inligting en raad van ervare stappers sal altyd tot hulle beskikking wees.

NDABA nooi dus alle jong stappers, 18 jaar en ouer om ons te kontak en 'n jong groep te begin.

 
'n Groepie jong stappers bo op die Drakensberg naby die Oranjerivier se oorsprong.

 
Rockeriespas in die Drakensberg

 
Oorlogskloof                                                           Naukluft        

 
Kyk wat maak jong stappers in die sneeu.

 
 
Jong stappers soek pret en Avontuur!

Na bo