 |
|
|
NDABA VOETSLAANKLUB
|
Doelstelling:
Die doelstelling van die NDABA VOETSLAANKLUB is om die die beste verskeidenheid
stapgeleenthede aan die lede te bied. Roetes word jaarliks vooruit bespreek sodat die lede
'n ruim keuse van staproetes het om te bespreek. Staproetes wissel van twee dae tot
ses dae. Eendag roetes word ook dikwels gedoen en in een geval was die roete selfs agt dae
lank.
Die Staproetes sluit in:
Georganiseerde roetes.
Roetes wat amptelik uitgelê is met roete-aanwysers en oornagfasiliteite (byvoorbeeld
die Otter).
Roetes in Wildernisgebiede.
Wildernis staproetes is in 'n wildernisgebied met geen uitgelegde roete of oornag
fasiliteite nie. Die stapper moet dus sy eie roete vanaf kaarte bepaal en in tente of
grotte oornag (byvoorbeeld in die Drakensberggebied). Die klub se bestuur kies 'n stapper
wat bekend is met die gebied en ervaring het van die omgewing as toerleier. Die Toerleier
sal dan die roete en oornag punte bepaal.
Die klub word bestuur deur 'n verkose Bestuur wat onderworpe is aan die Grondwet
van die Klub.
Ons doelstelling is om stap in die algemeen te bevorder deur nuwelinge te help,
van raad te bedien, by te staan en touwys te maak.
Die klub is ook daartoe verbind om van hulp te wees met die ontwikkeling van
nuwe staproetes.
Ledegeld is R80 per jaar per persoon.Lidmaatskap
is onderworpe aan die goedkeuring van die bestuur. Nie-lede wat saamstap moet 'n heffing
van R30 per roete betaal. Hierdie heffingsbedrag kan deur die
bestuur verhoog word vir sommige gewilde roetes.
Leuse:
Verryk jou lewe en gaan elke jaar na ten minste een plek waar jy nog nooit vantevore was nie.
Algemene Inligting:
-
Die
NDABA Voetslaanklub doen ±12 staproetes per jaar, ±3 lang ( 5
dae) en ±9 naweek (2 dae). Ons bespreek normaalweg vir 12 persone
per roete en indien nodig maak ons dit dan groter. Ons doen die
besprekings ongeveer 'n jaar vooruit om almal genoeg tyd te gee
vir beplanning en bespreking.
-
Ons het 'n bankrekening met genoeg reserwe fondse om die roetes
een jaar vooruit te bespreek. Ons verskaf nie vervoer nie, maar
ons stel gewoonlik ‘n Stapleier aan, wat hoor wie se motors is
beskikbaar en reël dan wie ry saam met wie. Elke stapper verskaf
sy/haar eie toerusting en kos vir 'n staptoer.
-
Indien jy wil stap bespreek vroegtydig, want NDABA se roetes
word vinnig vol bespreek. Sommige gewilde roetes word binne drie
dae vol bespreek, nadat dit in die nuusbrief bekendgestel is.
Dit kan selfs meer as ‘n jaar voor die tyd gebeur. Bespreek
vroegtydig.
-
Afgesien daarvan dat ons elke maand stap, kom ons een keer per jaar
bymekaar. Dit is ons Algemene Jaarvergadering waar ons ‘n nuwe
bestuur verkies en klub sake bespreek. Na die vergadering hou
ons gewoonlik ‘n braai en kuier saam. Die Algemene
Jaarvergadering vind gewoonlik op die tweede of derde Saterdag
van Januarie plaas.
Baie
mense vra wat is die ouderdom van die klublede?
-
NDABA se lede is van ±20 tot ±70.
-
Gemiddeld so ongeveer 45 jaar oud.
-
By
NDABA is gesinne, enkellopers en jong mense.
-
Kinders stap dikwels saam met hul ouers en is baie welkom.
-
Een van ons doelstellings is om jong mense te betrek en jong
lede te werf.
-
Dit is egter ‘n feit dat voetslaners ouer as 40 meer aktief
betrokke is en feitlik elke maand stap.
-
Dames stap ook meer as mans en die gemiddelde verhouding van
Dames:Mans is 6:5
-
Daar is ook heelwat gesinslede wat alleen stap omdat hul gade
nie belangstel nie of nie kan nie.
-
NDABA se lede is van Pretoria, Centurion, Hartbeespoort,
Bronkhorstspruit, Johannesburg, Ellis Ras en die verste twee
lede bly in Engeland. NDABA het ongeveer 70 lede.
-
Baie mense kom na NDABA omdat ons ‘n goeie balans van basiskamp,
rugsak, maklike en moeilike roetes stap. Verder doen ons baie
interessante 4X4 toere gekombineerd met stap of roei.
Hoeveel
roetes stap die lede per jaar?
-
Sommige lede stap elke roete op die program 12 of 13 roetes per
jaar.
-
Sommige stap net een roete per jaar.
-
Soms kry jy iemand wat aansluit en geen roete stap nie.
-
Gemiddeld vyf/ses roetes per jaar.
Hoeveel
kilometers stap mens in ‘n jaar?
-
Sommige lede stap tussen 300 en 500 kilometer per jaar, selfs
meer.
-
Die wat min stap, stap tussen 20 en 50 kilometer per jaar.
-
Gemiddeld ongeveer 150 kilometer per jaar.
Lede wat aansluit en nooit stap nie?
-
Dit gebeur soms dat mense baie graag wil stap en by ‘n
klub aansluit, maar kom nooit sover om ‘n roete te stap nie.
-
Soms is daar beserings of werksomstandighede wat mens vir ‘n
jaar buite aksie stel.
-
Hulle wou dalk ‘n spesifieke roete stap en toe is dit vol
bespreek.
-
Hulle kry dalk nooit tyd nie.
-
Hulle voel dalk ongemaklik om saam met ‘n vreemde groep mense te
gaan stap.
-
Hulle is dalk bang dat hulle nie fiks genoeg is nie en die ander
vir hulle sal wegstap.
-
Jy
hou daarvan en wil graag voetslaan, MAAK TYD!!
-
Bespreek vroegtydig.
-
Voetslaners is almal aangename mense, jy sal tuis voel.
-
NDABA verdeel in groepe, daar is dikwels ‘n vinnige groep en ‘n
stadige groep. Jy sal nie alleen agter stap nie. Stapleiers kyk
na die mense. Ons stop dikwels op mooi plekke.
-
DOEN DIT NET!
Na bo |