 |
|
|
Voetslaners se
Credo
|

Gedragskode
-
Ek sal persoonlike en
openbare eiendom respekteer en privaat eiendom nie sonder die
toestemming van die eienaar betree nie.
-
Ek onderneem om my te
vergewis van inligting omtrent die reëls, regulasies en wette
van enige voetslaanroete en om dit na te kom.
-
Ek onderneem om, na
die beste van my vermoë, die grenslyne van die voetslaanroete
waarop ek my bevind, vas te stel.
-
Ek onderneem om geen
skade op die eiendom waarop ek my bevind aan te rig nie en om
heinings, tekens en geboue in dieselfde (of beter) toestand te
laat as waarin ek dit gekry het.
-
Ek onderneem om hekke
te laat soos ek dit gekry het.
-
Ek onderneem om slegs
in die aangeduide plekke vuur te maak en te verseker dat die
vure geblus is voor ek vertrek.
-
Ek onderneem om nie
rommel te strooi nie.
-
Ek onderneem om nie
my naam of enige ander teken op bome, rotes, ens te verf of te
krap nie en om rotstekeninge in dieselfde toestand te laat as
waarin ek dit gekry het.
-
Ek onderneem om
waterbronne op geen manier te besoedel, of gewone seep daarin te
gebruik nie.
-
Ek onderneem om vir
die duur van die stap my samewerking aan die aangewese stapleier
en diegene wat in ‘n leiersposisie bo my aangestel is, te
verleen.
-
Ek onderneem om ons
natuurerfenis te waardeer en te bewaar.
-
Ek onderneem om te
alle tye hoflik te wees en my so te gedra dat ek nie aanstoot
gee nie.
-
Ek onderneem om ander
voetslaners aan te moedig om die omgewing te waardeer en te
bewaar.

Code of
Conduct
-
I will respect private
and public property and will not set foot upon private property
without the permission of the owner.
-
I undertake to
familiarise myself with information concerning the rules,
regulations and laws of any hiking route and to observe them.
-
I undertake to
ascertain, to the best of my ability, the precincts of the
hiking route on which I find myself.
-
I undertake to cause no
damage to the property on which I find myself and to leave
fences, signs and buildings in the same (or better) condition as
that in which I have found them.
-
I undertake to leave
gates as I have found them.
-
I undertake to light
fires only in designated areas and to ensure that the fires are
extinguished before I leave.
-
I undertake not to
litter.
-
I undertake not to paint
or scratch my name, or any other sign, on trees, rocks etc and
to leave rock-drawings in the same condition as I have found
them.
-
I undertake not to
pollute water sources in any way, or to use ordinary soap in
them.
-
I undertake to cooperate
with the leader of the hike and those appointed above me in a
leadership position for the duration of the hike.
-
I undertake to cherish
and preserve our natural heritage.
-
I undertake to be
courteous at all times and conduct myself in such a way that I
do not cause offence.
-
I undertake to encourage
other hikers to appreciate and preserve the environment.
Opgestel deur die
voormalige Voetslaan Federasie.
Dank aan Mr Hans Steyn
wat ons van 'n ou Voetslaan Federasie pamflet voorsien het wat
bogenoemde Credo en Gedragskode bevat.
Na bo |