Boskloof

Die Boskloof roete is 'n twee dae sirkel roete. Dag 1 is 12 km en dit is 'n redelike moeilik 12 km dag 2 is 6 km. Ons was gelukkig om net na 'n baie goeie reënseisoen te stap en daar was oorals waterstoome en watervalle op die roete. Werklik 'n pragtige roete defnitief een van die top tien kort roetes.

Die eerste aand slaap mens by die Skeurkrans hutte, met al die nodige fasiliteite, warm storte, ysks ens. Ons was 'n groep van 26 en ons het dit gerieflik gevind.

 Die roete loop deur inheemsewoede op met die Waterberg en met die lieflikse uitsigte. Orals was water beskikbaar. Die roete is uitstekend uitgelê met leertjies en bruggies oral op moeilike plekke.

 

Aan die einde van die dag se 12 km kry mens die ?? hut en wat 'n pragtige plek. Dit voel sommer of mens daar kan bly vir altyd en altyd.

Weereens al die nodige geriewe, warm storte ens. 'n Lieflike plek aan die voet van die Waterberg.

Dag twee is 6 km en dit is net te gou verby. Wat 'n lieflike roete.

Vir besprekings kontak:

Anvie Ventures (anvie@xsinet.co.za):     Anvie_Logo_copy.jpg (10371 bytes)

Terug na Roetes