 |
|
|
Top Tien Staproetes
|
Dit is baie moeilik om verskillende roetes teen mekaar op te weeg, want smaak verskil
en sommige moeilike roetes kan swak beoordeel word bloot omdat 'n stapper te swaar gekry
het. Die teendeel is ook waar, baie maklike roetes wat baie mooi is kan swak beoordeel
word, omdat dit te toeganklik is vir te veel mense. Vir my persoonlik is luukse hut
verblyf nie 'n faktor nie en het ek dit glad nie in berekening gebring met die
opstel van die top tien lys nie. Verder moet in gedagte gehou word dat die seisoen 'n
groot rol kan speel, 'n roete kan byvoorbeeld baie mooier in die reën seisoen wees, as
anders. Sekere roetes is baie seisoen gebonde en kan net in 'n sekere tydperk gestap word.
Suid Afrika is 'n land waar droogtes dikwels voorkom en 'n groot droogte kan enige mooi
roete nadelig beinvloed.
Tog hoor ons dikwels die vraag. "Wat is die top tien roetes ?"
Die lys hieronder is my persoonlik lys, alhoewel ek dit met baie stappers op vele
roetes bespreek het, dink ek tog dat baie saam met my sal stem:
1
Oorlogskloof, Rock Pigeon.
2 Amatola (6 dae roete)
3 Otter
4 Outeniqua
5 Tsitsikamma
6 Fanie Botha
7 Magoebaskloof
8 Swellendam
9 Walvis
10 Naukluft
Soos ek gesê het smaak verskil, die Visrivier Canyon is nie eintlik deel van my top
tien nie, maar dit is tog 'n baie unieke roete.
Susan Havenga se lys (geen
spesifieke rangorde nie):
Wildekus roetes
Strandloper / Walvis
Amatola
Fanie Botha
Drakenberg Wildernis roetes
Gaints Cup
Magoebaskloof
Outeniqua
Emoyeni
Visrivier
Na bo |