|
|
|
|
Boot & Paddle Roete Die boot & Paddle is 'n twee dae roete met een dag se stap van 16 km en die volgende dag roei 'n mens op die Vaalrivier vir ongeveer 12 km stroomaf. Die stap gedeelte is in die bekende Vredefort-Koepel vermoedelik 'n reuse meteoriet krater, 'n pragtige omgewing met besonderse geologiese formasies. Die roei op die Vaalrivier in 'n Kanadese tiepe kanoo en dit is 'n fees.Die natuur en voëllewe langs die rivier is iets besonder. 'n Roete wat ons aanbeveel vir elke stapper.
|