 |
|
|
Amatola
(ses dae 100 km) |
Ligging: Die beginpunt van
die Amatola Voetslaanroete is 13 km buite King Williams Town. Ry
Noord met die Stutterheim pad en draai af by Madendam bordjie, ry
oor die damwal tot by die Amatola bord, "Welcome to the Amatola
Trail" en "Your 6 day 100km adventure STARTS HERE". Die
Amatola Voetslaanroete eindig by die Tyumie River naby Hogsback.

Algemeen: Die
getal stappers word beperk tot 16 per dag. Die
voetslaanpad strek oor ses dae, met ‘n totale afstand van ongeveer
100 km. Daar is vyf oornag hutte, met geen hut by die begin en
einde nie. Dit is 'n linêre roete en verblyf voor en na die
roete moet beplan word. Die hoogte bo seespiël wissel tussen 518
meter by Madendam en 1850 meter op Geju-piek. Amatola is 'n Xhosa woord en beteken
"baie kalfies". Soos in die foto gesien kan word, word die Amatola
aangedui met geel voetspoortjies en die roete is baie duidelik
gemerk.
Klimaat: Alhoewel die Amatola is 'n somer reënval gebied
val, kom reën reg deur die jaar voor. Die gemiddelde reënval is
1600mm per jaar, met die hoogste reëval tussen November en
Maart.Laatmiddag reën, donderstorms en digte mis kom dikwels voor.
In die wintermaande sneeu dikwels voor. Die temperatuur kan wissel van baie koud tot baie
warm, maak voorsiening vir uiterstes.
Oornag hutte: Drie van die
vyf oornag hutte is vervang met nuwe
hutte en die hutte is baie netjies. Ongelukkig was daar nie warm
water by enige van die hutte gewees nie, want daar was geen gas
silinders, vermoedelik gesteel. Die rede waarom die ou warmwater
donkies by Cata en Zingcuka verwyder is, weet niemand. Dit kon
tenminste twee aande warm water voorsien het, want vuurmaakhout was
volop. Die terrein by sommige van die oornag hutte, is baie slordig,
daar lê baie ou bou materiaal rond van die ou hutte, soos
byvoorbeeld die twee ou warmwater donkies. By al die nuwe hutte is
spoel toelette. By Gwiligwili, is twee baie netjiese "longdrops",
die "longdrops" by Zingcuka is minder netjies.
Dag 1 (15,3 km na
GwiliGwili-hut)
In die Amatola is daar feitlik
elke dag ‘n keuse van ‘n ander roete, of links om, of regs om. Op
die eerste dag is daar ‘n shortcut wat geneem kan word, maar ons het
gekom om 100 kilometer of meer te stap en ons stap 15,3km. Pragtig,
in inheemse woude langs en oor waterstroompies. Opdraand al die pad,
720 meter op tot by Gwiligwili-hut. Water is volop en by elke
waterstroompie kan water geskep word.
Dag 2 (20km na Dontsa-hut)
Klokslag 07:00 elke oggend het
ons begin stap, weereens ‘n keuse van linksom of regsom, maar die
afstand is dieselfde. Dit is ‘n warm dag en water is skaars.
Weereens in inheemse woud, uitsig, en ook ‘n stukkie vervelige
dennewoud. Dit is 100 meter opdraand en 300 meter afdraand. Gelukkig
kry mens by ongeveer 17km ‘n stroompie, sjoe dit was lekker.
Dontsa-hut is ‘n nuwe hut, baie mooi met spoel toilette. Vir
meeste was dit die moeilikste dag.

Dag 3 (19km na Cata-hut)
Die dag begin met ‘n opdraande
van 600 meter, in inheemse woud en water is volop. Op met Doornkop,
die weer verander, dit word koud en mistig. Dikwels word die
pragtige uitsig bederf met mis. Dan weer steil af met Doornkop (600
meter) en kry mens ‘n keuse van upper, middle of lower roete. Die
lower roete is bietjie korter, maar baie moeiliker, want alles wat
jy afklim (350 meter) moet jy weer opklim. Aangesien ek die vorige
keer die lower roete gedoen het, wil ek hierdie keer die upper roete
doen en die res van die groep besluit dieselfde as ek. Dit was
maklik om in groepe te verdeel, want die roete is uitstekend gemerk.
Die laaste gedeelte is gedeeltelik in inheemse woud en dan vervelige
denne plantasies. Volgende keer doen ek weer die lower roete in
Waterfall bush. By Cata-hut waai ‘n yskoue wind. Cata is ook ‘n nuwe
hut, baie netjies.


Dag 4 (13,5km na
Mnyameni-hut)
Die mooiste dag!
500 meter op tot bo op
Geju-piek. Die vorige keer was die piek toe in die mis en geen
uitsig. Toe ons begin is die piek nog toe in die mis, maar soos ons
vorder verdwyn die mis. Uiteindelik bo op die piek en ek kan my
groepfoto neem met die mooiste uitsig in die Amatola. Pragtig! Dan
af na Malanbos, oppad gaan mens oor ‘n einaardige streep rotse, wat
vermoedelik die oorblyfsels is van ‘n gletser. Af in Malanbos, ses
watervalle in ‘n ry, die mooiste stuk staproete in SA. Die
Mnyameni-hut is ook ‘n nuwe hut, met slegs water in die
rivierstroom, die keerwal wat die water voorsien is stukkend.
Mnyameni – plek van donkerte
(dit beteken eintlik donker bos) en dit was donker, donker maan
en al.
Hierdie gedeelte van die
Amatola is die mees afgeleë gedeelte. Moeilik om te bereik. Dit is
hierdie gedeelte wat ek oor-en-oor wil stap.


Dag 5 (18,2 km na Zincuka)
400 meter op en 400 af.
Hoofsaaklik in inheemse woud, dan oor na die Wolfrivier valei. Hier
is dit oop, al langs die Wolfrivier, stroomversnellings en
Watervalle. Hier was vroër jare baie haenas, vandaar die Wolfrivier
naam. Ongelukkig was dit te koud vir die swempoele, so ek sal weer
moet terug gaan. Die laaste ent is ‘n baie steil afdraande, in
inheemse woud, tot by Zincuka hut. Hier is ‘n houtbord wat bevestig
dat die Amatolaroete op 21 Mei 1984 begin het.


Dag 6 (15 km na die einde by
die pragtige Tyumie River Waterval)
750 meter op en dan 750 meter
af. Die eerste gedeelte is in
Schartzwalt bos (inheems), met ‘n pragtige Waterval, dan op na
Hogsbackpiek, ‘n Pragtige uitsig. Dan berg-af tot by die Tyumie
River einde.

Opsomming:
Die Amatola is soos ‘n drug, as
jy by die einde kom en jy sien die bord, plaas dit jou op ‘n "high"
wat jy vir die res van jou lewe sal onthou.
“Congratulations!”
“You have just completed 6 days
100 km”
Die Amatola is ongeveer 100 km,
soos reeds beskryf is daar verskillende opsies wat gekies kan word.
Ons groep het ±101 km gestap. Onthou vanaf Tyumie River is dit nog
'n paar kilos se stap tot in Hogsback.

Statestieke:
Gemiddelde kilos per dag:
16,8km
Totale afstand: 101km
Totale opdraandes: 3 420 meter
vertikaal
Totale afdraandes: 2 700 meter
vertikaal
Fotos: Dank aan Andries, Annatjie, Albert en Harry
Bespreek by: Department of Water Affairs and Forestry tel. 043
642 2571
E-pos: amatolhk@dwaf.gov.za
Verblyf:
Voor en na die tyd kan bespreek word by
“Away with the Faries” in Hogsback.
Kontak Nell of
Dan by
tel. 045 962 1031
sell 074 114 7179
Vervoer na die beginpunt van die Amatola word verskaf deur John
Tidy tel. 045 962 1033
John
het ons met sy Landrover en nog ‘n bakkie na die beginpunt van die
Amatola vervoer. Dit is 127km na die beginpunt. Die vervoer na die beginpunt
maak die reëlings baie maklik, want jy stap terug na jou voertuig.
Ons voertuie het veilig by John se huis gestaan.

John Tidy
Na bo |