 |
|
|
Alexandria Voetslaanroete
|
Ligging:
Vanaf Port Elizabeth ry met die
N2 neem die N10/R72 afrit en volg die R72 tot net voor die
Alexandria dorpie, ongeveer 37,5 km. Net voor Alexandria dorp draai
regs by die bord "Addo Elephant Natiol Park".

Dit is 'n grondpad en
volg die borde tot by die Woody Cape Section kantoor.
Algemeen:
Die Alexandria voetslaanroete is geleë in die Addo Elephant National
Park, in die Oos-Kaap. Dit is 'n twee dae roete van 36 km met twee
oornaghutte, Langebos en Woddy Cape hut. Beide is toegerus vir 12
stappers. By Langebos is drinkwater, elektriese lig (sonpanele en
batterye), spoel toilet, stort, warm water donkie, yskas en
gasbranders. By Woddy Cape is drinkwater, gasbranders, twee
put-toilette, skottel en emmer vir was.
Die Langeboshut is soos die naam
sê in die middel van die pragtige Langebos. Een van daai kamp-plekke
waar mens vir altyd kan bly.
Dag een 19,5km
Die eerste 10km is in die bos en dan af met
perdekloof tot op die strand.




Kilometers en kilometers van ongerepte strandgebied in die Addo
Park. Daarna volg die
eerste duinklim weg van die strand, op met lere en toue tot bo op
die eerste duin. Die wind se gehuil om jou lyf en rugsak, voer jou
weg na ‘n baie besonderse plek?
Alexandria!
Dan weer in die pragtige groen duin-struike tot by die Woddy Cape
Hut. Die heeltyd met ‘n wonderlike uitsig op die see en branders.


Dag Twee 16,5km
Begin vroegoggend, die son se eerste strale laat die duine baie
spesiaal lyk. Die eerste gedeelte is in die Suidelike halfrond se
grootste see-sand duine. Klim op ‘n duin en dit neem jou na ‘n
volgende duin. Nog mooier! Die roeteaanwysers is op langpale en
duidelk te sien en kan maklik gevolg word.'n Bietjie raad is om
liewer bo op die duine te bly al is dit 'n entjie weg van die
roete-aanwysers. In die duine-sand kan spore van lewe gesien word,
insekte, goggas en kruipende diertjies, bokkies en jakalse.

Ons klim die duine, stap , ry-gly af en geniet.


Die laaste ent is weer deur die pragtige
Langebos.
Opsomming: Seker die
mooiste kort (2 dae) voetslaanroete in SA. Die hutte is netjies en
die roete is baie duidelik gemerk. Groot dank en komplimente aan die
Parkeraad van die Addo Elephant Park.
Alexandria
‘n Stukkie Outeniqua,
‘n stukkie Strandloper,
‘n bietjie Otter
en ‘n stukkie van Sossusvlei.
Alles in een!
Fotos: Andries en Daleen
Besprekings: Addo 014 468
0916 E-pos:
matyholweni@sanparks.org
Kliek

Terug na
Roetes
|