TUISBLAD INLIGTING KONTAK_ONS ROETES VIR DIE JAAR

Dagstap in die Magaliesberg      


Alhoewel NDABA Voetslaanklub gereeld dagroetes in die Magaliesberge stap, word ons dikwels gevra om dit meer gereeld te doen. NDABA Voetslaanklub is meer ingestel om naweekroetes (2 dae) en lang roetes (±5 dae) te stap.

Indien U belangstel om dagstappe in die Magaliesberge te stap kan ons Sigi Rust aanbeveel. Sigi Rust organiseer elke maand 'n privaat groep om een of ander roete in die Magaliesberge te stap.

Dis nie so maklik om in die Magaliesberge te stap nie, a.g.v. toeganklikheid op privaat- en beheerde grondgebied. Gevolglik moet U in besit wees van 'n permit; of van Johannesburg Hiking Club; Bergkub van SA; of van 'n grondeienaar. Die maklikste sou wees om saam met iemand te gaan wat die gebied ken en wat weet waar om die regte permit te kry.

Kontak gerus Sigi Rust en stap saam met sy privaat groep. Sigi ken die Magaliesberg baie goed en verkry ook altyd die regte permit. Permitte kos geld daarom vra Sigi 'n klein bedrag om die permitkoste te dek. Getalle word beperk en Sigi kan net die toelaatbare hoeveelheid stappers saamneem.

LW Sigi Rust is 'n privaat groep en stap nie onder die vaandel van NDABA Voetslaanklub nie.
 

Kontak Sigi per SMS 073 340 7379
Sigi is Duits/Afrikaans sprekend en verkies 'n SMS.

 
Sigi Rust                                                            Privaat Groep

Na bo